Halveer chicken fillets, sout, peper, chicken spice.
Draai prosciutto oor, braai in olyfolie pan 2 minute elke kant.
Transfer na oondpan, drissle heuning en medium sherrie oor.
Bak teen 180 C vir omtrent 10 minute. Nie te lank nie, dit sal uitdroog.
Terwyl dit in oond is blanche broccoli in boiling water vir paar minute. Spoel in yskoue water af. Bedien met baba rosa tamaties, feta, olywe.
Aartappels opgesny en gemicrowave tot gaar. Braai garlic in die chicken pan (ek is te lui om nog pan vuil te maak). Transfer aartappels na die “chicken” braaipan waarin jy garlic gebraai het, roer aartappels deur. Vir gaste kan jy bietjie suurroom inroer.
By hierdie tyd is die fillets gaar. Plate mooi en bedien met tuisgemaakte slaaisous oor die groen dis. Ek meng 50ml vars orange juice of Ceres Juice met eetlepel olyfolie, Eetlepel Rice Vinegar, heuning, basil. Blend alles saam, adjust vir soet-suur na smaak.
Dit is ideaal vir gaste ook want jy doen dit sommer vinnig terwyl hulle rondom die kitchentop kuier. Geniet!
Regards from Annamarie Barnard