Marisa Knoetze Vosloo vra: As ek jou een blik botterbone gee, wat sal jy daarmee doen?
Yolanda Cook
Spoel en meng met fyn gekapte ui, gekapte rooi en geel pepers, gekookte pearl barley (afgekoel), rosyne en lekker vinaigrette (mosterd, olie, bietjie suiker, asyn, garlic en suurlemoen). Mmm, lekker gesonde slaai.
Hanta Henning
By my maalvleis en sous inmeng vir pasta.
Benicia Mattheus
Bone slaai , met piesang en mayo en bietjie curry poeier. Of gooi dit in ‘n leker lam stew, of sop. Of ‘n lekker curry potjie op die vuur. Beste!
Marisa Knoetze Vosloo
Ek het ‘n blikkie botterbone met ‘n blikkie groente gemeng met mayonnaise en swartpeper. Nogal nie te sleg afgegaan nie. Volgende keer volg ek die idees hier gegee.
Charl Kakmaker Nel
Kook op stoof met botter en baie swart pepper. Bedien op toast. Champion!
Louisa Mans
Neem ‘n blikkie bake beans, ‘n botteltjie atjar en 2 – 3 vienas, sny vienas in klein stukkies en meng alles saam en daar het jy ‘n heerlike slaai vir enige geleentheid.
Bernadene Daniell Prinsloo
Ek het gisteraand ‘n blikkie fyngedruk, ‘n blikkie tuna bygegooi, 1 eier, sowat 50 ml meel, geurmiddels en koekies daarmee gebak in pan. Baie lekker uitgekom. My man hou niks van enige vis nie en hierdie was ‘n goeie “verbloeming” en selfs hy sê dit was baie lekker.
Juanita van Wyk
Butterbean mash
Hanneli Marques
Braai uie, knoffel en tamatie tot sous, sny vark in blokkies braai met uie mengsel so 5 min, gooi genoeg water tot netso om vleis te bedek, kook so 10 min, gooi nog water by dat genoeg is vir 1 koppie wit rys. Bring dat dit begin kook, gooi rys in en sodra rys amper gaar is, gooi bone by. Kook redelik droog, kan ook chorizo insit saam vark.
Juanita van Wyk
Braai ui tot sag. Gooi boontjies by vir so 2 – 3 minute. Gooi so 100 g mature cheddar by en so eetlepel botter. Roer bietjie tot kaas amper gesmelt. Wizz op tot glad. Sout en peper vir smaak. My man hou van brand so hy sit soms paar druppels tabasco in syne.
Leandi Fontini Gibson
Gate in ‘n aartappel druk en dit in die mikrogolf oond gaar maak, dit oop sny en botter op sit. Viennas opsny en warm maak, die botter bone warm maak. Die viennas, botterbone en atchar saam meng en bo oor die aartappel gooi vir n heerlike lunch.
Deleen Venter Loker
Braai uie en tamatie met ‘spices ‘ en maak ‘n lekker curry. Baie lekker. As ek baie honger is, dan voeg en bietjie asyn by en eet dit net so.
Adri Van Zyl
Ek meng dit met ‘n blikkie ertjies en blikkie French cut beans. Dan sit ek mayonnaise by en sout en pepper na smaak. Meng goed deur. Dis regtig baie lekker en vinnig en werk goed saam met ‘n braai. Jy kan ook gekapte uie en feta bysit.
Alida Siebert
Saam met uie en bacon in ‘n pot, smoor met hot smoked paprika, knoffel en ‘n lourierblaar. Eet saam met rys.
Gerda Potgieter
Dadelik ‘n pot sop begin. Eers botterbone en dan maak ek dit fyn met ‘n langsteel whisk en begin dan alle ander oorskietkos ingooi. Die botterbone maak die sop lekker romerig.
Deidré Kotzé Badenhorst
Maak heerlike patties met fyn aartappel geraperde ui, meel en groentesout.
Hermanus Kriel
Meng dit in by lekker gegeurde maalvleis.
Martie Fourie Moolman
BOTTERBOON EN MOSEL DIP: 1 blik botterbone gedreineer, 1 blikkie gerookte mossels met olie en al, skootjie suurlemoensap, sout en peper, bietjie tabasco. Wizz en bedien saam met beskuitjies!
Ertjies De Witt
Sal ‘n bietjie uie braai en dan die bone bygooi met ‘n ligte kerrie saam met ‘n maalvleis broodjie met ‘n lekker tuisgebakte brood.
Catherine Rose Sinclair
My ma maak altyd die lekkerste kerrie met botterbone by. Gebruik ribbetjie of skaapnek.
Van Der Merwe Anette
Dan sit ek nog 2 ander soorte by en maak my eie 3-bone slaai.