ROOI UIE MARMELADE MET PORT
2 kg rooi uie
4 knoffel huisies
140 g botter
4 eetlepels olyfolie
140 g “golden” bruinsuiker
1 eetlepels vars tiemie blare
Knippie risssievlokkies
750 ml rooi wyn
350 ml bruinasyn
200 ml port (deesdae cape ruby)Sny die uie mooi in fyn skyfies. Sny die knoffel fyn. Smelt die botter en olie in ‘n kastrol en voeg die uie en knoffel by. Braai tot dit mooi glansend is. Sprinkel die suiker, tiemie, rissievlokkies en ‘n bietjie sout en peper na smaak oor. Kook oor lae hitte vir 40-50 minute (roer af en toe) totdat meeste van die sap weg is en die uie na suiker ruik en begin taai raak. Voeg die wyn, asyn en port by en kook oor hoë hitte vir 30 minute. Roer baie gereeld.
Ek het die resep êrens op die internet gekry so ek weet nie wie om krediet daarvoor te gee nie. Ek het dit al baie gemaak en dis heerlik.
Foto en resep geplaase deur Nina Pool