WENKE VIR BRUINSOUS
FOOD LOVERS RECIPES
Pieter Coetzee – Hoe maak jy jou gunsteling bruinsous vir jou famile?
Koos van der Merwe – Ek vat Boerewors en maak dit gaar in n braaipan met water. As die wors bruin gebraai is haal dit uit. Voeg nou n koppie water by die pan saam met die bruin gebraaide sous van die wors en laat stadig kook. Voeg bruin uie sous poeier in en roer goed. Maak die sous redelik duk afhangende waarvoor ek dit gaan gebruik maar daai gebraaide wors se smaak, maak n groot verskil aan die sous.
Adri van Staden – Ek kook ‘n bietjie maalvleis totdat dit gaar is en verdik dan die sous met Bisto of bruinuie soppoeier.
Mona Bekker – 2 eetlepels bisto, 2 eetlepels tamatiesous, 2 eetlepels blatjang, en bietjie lou water en roer totdat dik dikker word
FOTO GELEEN BY RSG








