VYEKONFYT VIR DIABETE
Maak omtrent 6 “heuningbotteltjies” vol…
2 kg vye, geskil en fyn gesny..die vye moet lekker sag wees maar nie pap nie.
3/4 koppie Selati Versoetter
Sap van 2 suurlemoene
1 liter gesuiwerde water
Gooi alles in ‘n lekker diep pot en kook op medium-hitte vir so 1uur 30min.
Ek toets of die konfyt reg is, deur ‘n bietjie stroop op ‘n pieringtjie te gooi, dit te laat afkoel en ‘n streep te trek daardeur. Indien die stroop nie meer vloei nie, is my konfyt reg… Skep in skoon gestereliseerde bottels, draai die deksels styf op bere…
Resep en foto: Wilma Josey Venter
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.








