VINNIGE AARTAPPEL-PASTA GEBAK IN DIE MIKROGOLF
3 medium aartappels in skywe gesny
‘n paar gerookte viennas in ringetjies gesny
2 koppies gaar noodles
1 pakkie Potato bake
400 ml melk
1 eier
bietjie cheddar kaas
Mikrogolf die aartappels tot net sag en kook die noodles tot gaar. Pak die aartappels onder in ‘n gesmeerde mikrogolf bak en bedek met die noodles en worsies. Maak die Potato bake aan volgens die instruksies op die pakkie maar klits een eier daarby in. Giet oor die inhoud van die bak en strooi bietjie kaas bo-oor. Bedek die bak en mikrogolf op hoog vir 10 minute. Gebruik die mikrogolf en rooster kombinasie vir ‘n verdere 10 minute sonder bedekking.
Foto en resep deur Adam Cloete








