
Braai uie tot gaar. Voeg maalvleis by en braai tot maalvleis verkleur het.
Voeg geurmiddels by na smaak (nie sout nie) en voeg net genoeg kookwater by om die maalvleis te bedek, laat kook tot die maalvleis gaar is, ongeveer 10 – 15 minute.
Voeg nou die noedels by en top op met kookwater tot die noedels bedek is, strooi ‘n bietjie sout oor die noedels voor jy die kookwater opgooi. Laat die potjie loop totdat die noedels net sag is.
Meng die maizina, suiker en tamatiepasta met ongeveer 250 ml kouewater en gooi oor die noedels, dan moet jy die hitte onder die pot baie verlaag anders brand die spulletjie maklik vas, laat hom nou vir so 15 – 20 minute baie stadig prut. Moet asb net nie die pot wil roer nie, dit moet in die lae bly, groot asb!
Wanneer jy besluit die potjie is reg, sprinkel die kaasmengsel oor en dan heel laaste van die Italiaanse spesery oor die kaas, plaas die deksel op en bedien wanneer die kaas gesmelt het.
Nota – Hierdie resep kan aangepas word vir die hoeveelheid mense wat jy wil bedien, en as jy wil “grend” gaan, kan jy die maizinasous vervang met ‘n witsous van jou keuse. Geniet hom!
Johan Du Preez Snr – Ek gebruik lasagne velle ipv. noedels. Die hitte onder die pot moet net min wees EN DAN sit die deksel verkeerd op dws. met die holkant bo. Dan gooi jy daar ook so ‘n paar kole op. Dan werk jou pot soos ‘n oond.
Resep getoets en foto: Marlene Potgieter
Ek’t die resep gemaak, bestanddele verdubbel, gaar skulpie noedels gebruik en 2 blikke tamatie- en uiemengsel ipv tamatiepasta gebruik. Dit was heerlik.






