

TOFFIE
Resep: Debbie Willemse
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is ‘n resepie wat ek bietjie verander het toe myne geflop het haha,uit ‘n kondensmelk resep, maar vir een of ander rede het myne geflop, toe wou ek nou nie die bestanddele mors nie, toe maak ek toffies.
1 koppie Cremora
⅓ koppie water
⅔ koppie suiker
3 eetlepels botter
1 teelepel vanilla
Sit alles in ‘n voedselverwerker behalwe die vanila, tot dit lekker saam gemeng is.
Gooi dan in ‘n pot en laat dit kook.
As dit soos fudge begin borrel, gooi dan die teelepel vanila in.
Gooi in n gesmeerde bak en sit in yskas tot afgekoel het en sny in blokkies.






