Tweede Foto: Jacqueline Holker
Nota: Ek sit geen botter in nie, anders klou dit nie. Ek druk stokkies in, dan sukkel ek nie met in olie sit en uithaal nie (gebruik ook halwe worsies dat die olie dit mooi cover.
3de foto: Kiti Citi
Ek het gister weer bietjie sputniks gemaak. Toe kry ek ‘n heerlike manier van doen. Jy smeer bietjie mash op cling wrap, of sit die wrap somer in ‘n taco staander soos my groene. Sit worsie in, vou toe en druk tot alles mooi toe is. Dan rol jy dit sommer mooi rond ook. Met die metode hoef jy nie te wag tot dit yskoud is nie, dan sit jy net die klaargemaakte worsies in die yskas tot jy dit in die degie druk en bak. Sodoende kan jy sommer vroeg al die worsies berei en later eers bak.
Charmaine Amery Kirsten (foto): Marius het die volgende by die mash gemeng, cumin, mixed spice, mixed herbs, garlic powder en kerrie soos iemand genoem het, maar daar kort nog iets, mash proe amper waterig.
2 thoughts on “SPUTNIKS VAN MASH”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Dis my ma se resep en ouer as 50. As jy dit reg volg, kan dit nie flop nie. WENKE: Geen botter of melk by die mash, en dit moet fyn fyn fyn en yskoud wees. Ek druk dit nog fyner in my hand net voor ek dit om die worsie sit. Worsie kurkdroog met handdoekpapier. Los jou worsies met die mash om vir 30 minute in die yskas om te set. Indien haastig sit in vrieskas vir 10 minute. Gooi jou deeg in ‘n lang bierglas, druk ‘n halwe sosatiestok in die worsie, en doop dit in die glas met deeg. As jou deeg bruin is, is dit reg (onthou jou worsie en mash is klaar gaar, net die deeg moet gaar word.
Riana Odendaal Brits
Ek het die Sputniks van mash gemaak wat Rina hierbo geplaas het. Heerlik en mash val glad nie af nie