SPUTNIKS VAN MASH

sputnickstestedsputnicks with mash

SPUTNIKS VAN MASH – spoedniks
Viennas (regte rooies)
aartappels, sag gekook en fyngemaak met sout en bietjie pietersielie.
GEEN botter of melk of iets by nie, anders klou dit nie aan die worsies nie.
Fyn fyn gedruk, geen klonte nie. Laat mash koud word en maak ‘n bolletjie sag in jou hand, droog die worsies goed met handdoekpapier en rol mash om worsie. (as jy sukkel met die lang worsie, halveer hulle) Plaas op bord en sit in yskas om te set.
Maak ‘n slap degie van:
1 eier
250 ml koekmeel
Genoeg melk vir ‘n slap degie
bietjie sout
Doop elke sputnik versigtig daarin met jou hand, tange haal die mash af. Bak in warm diep-olie. Dreineer. Dis ook baie lekker koud, veral saam met mosterd. Dis ‘n morsige werk, wat jy moet die sputnik met jou hand doop. Tange is te hard vir die aartappel. Skep die druppeltjies deeg uit die olie voor jy die volgende batch insit.
Resep en foto:  Kiti de Jager

Tweede Foto:  Jacqueline Holker
Nota: Ek sit geen botter in nie, anders klou dit nie. Ek druk stokkies in, dan sukkel ek nie met in olie sit en uithaal nie (gebruik ook halwe worsies dat die olie dit mooi cover.

3de foto:  Kiti Citi
Ek het gister weer bietjie sputniks gemaak. Toe kry ek ‘n heerlike manier van doen. Jy smeer bietjie mash op cling wrap, of sit die wrap somer in ‘n taco staander soos my groene. Sit worsie in, vou toe en druk tot alles mooi toe is. Dan rol jy dit sommer mooi rond ook. Met die metode hoef jy nie te wag tot dit yskoud is nie, dan sit jy net die klaargemaakte worsies in die yskas tot jy dit in die degie druk en bak. Sodoende kan jy sommer vroeg al die worsies berei en later eers bak.

Charmaine Amery Kirsten (foto): Marius het die volgende by die mash gemeng, cumin, mixed spice, mixed herbs, garlic powder en kerrie soos iemand genoem het, maar daar kort nog iets, mash proe amper waterig.