SHRIMP COCKTAIL IDEES
Zuri Roos
Dis eintlik maklik, maar die groot ding — vra sjefs — is om rou garnale liggies te braai of selfs te kook, af te koel, en dan af te dop. Die garnale/shrimps wat jy koop wat vooraf gaar is, beteken myns insiens niks. Dis jiggg. Meng dan net in ‘n bakkie van Woolies se Tangy Mayonnaise na jou smaak met ‘n bietjie Tabasco, ‘n bietjie All Gold tamatiesous, swart peper, bietjie vars room.(Mens kan vreeslike fênsie cocktails maak, maar is dit die moeite werd??) Ek verkies om die shrimps/prawns self gaar te braai (nie kook nie; dit neem geur uit) — liggies, net tot hulle pienk word en opkrul — en wanneer koel te skil.
Stephanie Blaauw
Ek het gister die resep gemaak: tuna, cream cheese, mayonnaise, mostert, sout en peper, gerkins en spring onion. Meng alles saam (ek het gewerk op “na smaak”. So ek gebruik soveel van die bestanddele soos ek lus kry). Dan het ek’ n pak shrimps gaar gemaak en saam ingemeng. Het dan dit in halwe avo’s gesit. O ja en suurlemoensap ook insit! Dis bitter lekker!!








