SKULPIE NOEDELSLAAI
2 koppies skulp noedels, rou
¼ ui
¼ groen soetrissie
Sous meng saam:
200 ml tamatiesous
100 ml asyn
75 ml kookolie
15 ml Raja mild and spicy kerriepoeier
30 ml suiker
Ons is net 3 mense, so 2 koppies skulp noedels is genoeg. Kook tot gaar maar nie te pap nie.
Meng die sousbestanddele saam en verhit in mikrogolfoond. Haal uit en roer tot suiker op gelos is.
Terwyl die sous afkoel, kap die ui en groen soetrissie fyn. Meng dan alles saam met noedels.
Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder. Ek maak dit altyd die vorige aand.
As die sous te suur is, vermeerder die suiker of anders om.
Roer ook gereeld die slaai sodat sous lekker deurtrek.
Resep en foto: Alta West