

PYNAPPEL KONDENSMELKTERT
Vreeslik lekker en baie eenvoudig!
Kors:
1 pakkie Tennisbeskuitjies
100 g botter (gesmelt)
Maal die koekies fyn.
Meng die botter deeglik in.
Druk mengsel geleidelik plat onder teen die bak en teen die kante op.
Los in yskas vir 10 tot 15 min.
Vulsel:
1 blikkie kondensmelk
300 g room (styf geklits)
1/2 koppie suurlemoensap
400 g stukkies pynappel water afgegooi
Meng die pynappel en kondensmelk saam.
Voeg die suurlemoensap by.
Vou in die room.
Gooi oor die kors.
Strooi stukkies pynappel of Tennisbeskuitjies bo oor die mengsel.
Dit moet ongeveer 3 ure minimum in die yskas stol, of oornag.
Resep geplaas en foto: Madélynn Janse Van Rensburg






