

NUWE SEEP VAN OORSKIET SEEP
Rasper 2 kg oorskietseep en plaas in ‘n kasrtrol:
Voeg 2 1/2 koppies warm water by en roer oor matige hitte totdat die seep gesmelt het.
Voeg 390 ml gliserien by en meng goed.
Haal mengsel van die stoof af, voeg 2 1/2 koppies spiritus by en roer tot dit goed gemeng is.
Giet in vorms of koekiepanne wat met yskoue water uitgespoel is.
Laat staan tot dit effens hard is.
Sny in koekies of druk in koekievorms. Laat seep nog staan om kliphard te word.
MOENIE NOG WATER BYGOOI NIE! DIE SEEP SAL DAN TE SAG WEES OM AS KOEKIESEEP TE GEBRUIK!
Jy kan roosblare deurmeng of gebruik net oorskietseep wat besonders is of ‘n spesifieke kleur het soos pienk, pers.
Resep en Foto: Petronella Kleintjie Botha Pieterse






