4 pakkies verskillende kleure jellie
375 ml kookwater ( 1 1/ 2 k )
32.5 ml gelatien ( 2 1/ 2 E )
1 blik kondensmelk
125 ml koue water ( 1/ 2 k )
METODE
Maak die jellie die vorige aand aan, maar gebruik net minder as die gewone 500 ml ( 2 k ) kookwater per pakkie.
Maak in afsonderlike bakkies aan.
Wanneer gestol sny kruis en dwars repe.
Meng alles in een groot bak ( die vier verskillende kleure ).
Los gelatien op in koue water, meng met die kookwater.
Roer kondensmelk in.
Laat afkoel. Gooi oor die kleure jellie en laat dit in `n vorm stol.
N.S Skep die kleure jellie in klein wynglassies of groot shooter glasse
en gooi dan jou gelatien en kondensmelk mengsel oor en plaas almal in
die yskas om te stol. Versier net voor jy bedien met n rosie room en n
groen kruisement blaartjie
Resep van Helena Kruger








