MIELIEKKOEKIES MET SOUTVLEIS
Gister se oorskiet mielies, van stronke afgesny, en ‘n lekker vleiskoekie gemaak.
Resep is:
1 koppie mieliespitte van die stronk gesny
1 opgekapte ui
1 blik soutvleis fyngemaak (boelie bief)
2 eetlepels koekmeel
2 eiers3 rooi rissies
swart peper ne smaak
2 eetlepels worchestersous
2 eetlepels soet rissiesous.
¾ teelepel tiemie
Meng alles saam, en bak in warm vlak olie, nie te warm. Draai om en bak ander kan ook, sit op kombuispapier om olie te dreineer.
Geniet.
Resep: Peter Harry