MIELIEBROOD MET 3 BESTANDDELE
Resep en foto- Jolandi Greyling
FOOD LOVERS RECIPES
1 blik kondensmelk
500 g bruismeel
1 blik sweetcorn
Meng alles saam, sit in ‘n gesmeerde broodpannetjie en bak in ‘n voorverhitte oond teen 160 – 180ºC vir 40 – 60 min of toetspen skoon uitkom.
Geniet.
Dina Meyer – Ek het die broodjie vanaand gemaak, maar het een eier ingesit omdat al die meel nie wou inmeng nie, mense dis ‘n wenner saam dik margarine. Dankie vir die resep
Nerine Crause Viljoen – Gaan dit verseker probeer! Ek hou van die 2 blikke en 1 pakkie idee!
Marika Swanepoel – Ideal milk werk ook goed
Santie Carelse – Die maklikste lekkerste broodjie. Ek maak dit graag as ons gaan braai by mense.









Arliene Pietersen
Hierdie resep is n wenner en baie lekker!!!!!!