MELISSA SE SOUSKLUITJIES
1 koppie meel
2 teelepel bakpoeier
2 eetlepel suiker
4 eetlepel melk
Halwe teelepel sout
1 eier
2 eetlepel botter
Sif droë bestanddele en vryf botter in.
Klits eier en voeg suiker geleidelik by.
Voeg melk by eiermengsel en meng dit met droë bestandddele
Kook 3 koppies water in kastrol en skep lepels vol deeg daarin. Plaas deksel op en kook 10 min. Hitte nie te hoog anders kook dit oor en moenie oopmaak tussen in nie anders val dit plat.
Skep uit in opdienbak. Gebruik water wat oor is in kastrol. Vul aan tot 2 koppies water. Voeg by:
halwe koppie suiker
1 eetlepel kaneel en
2 eetlepels botter
Kook goed deur en gooi warm sous oor kluitjies.
Resep en foto: Melissa Barnard








