2 blikkies pynappel een cruch en een stukkies,
2 blikkies ideal melk en n pakkie pynappel jelly.
Pakkie en n half tennis beskuitjies,
Ideal melk moet in yskas wees vir n nag,neem die stroop van
die blikkies pynappel verhit dit vir so 1 min in microgolf,voeg jelly
by en laat afkoel.
Klits melk styf roer pynappel by en dan af gekoelde
jelly.Pak beskuitjies in jou bak en gooi mengsel oor pak weer en gooi
nog tot dit klaar is.Gooi fyn krummels van koekies oor en plaas in yskas
vir so 2 tot 3 ure!Whala en dan geniet jy dit.
Foto en resep: Belinda Minnie
Variasie
Ansa C Reyneke
my Ma se resep is basies soos joune maar sy het suurlemoenjellie gebruik en ‘n blikkie granadillamoes bygevoeg. Dis saam met die pynappelstukke heerlik!








