MAALVLEIS EN FETA MUFFINS
Resep en foto: Esme Slabbert
FOOD LOVERS RECIPES
850 g maalvleis
2 eiers
¾ koppie steel cut oats
½ rooi en ½ groen pepper (fyn gesny)
1 bossie grasuie (fyn geknip)
½ – 1 eetlepel paprika (smaak verskil)
1 eetlepel gekapte knoffel – sommer botteltjie knoffel gebruik
1 eetlepel gedroogte basil
1 eetlepel gedroogde oregano
1½ eetlepel soy sous
Aromat/sout en peper – na smaak – onthou soy sous is ook sout so wees versigtig met te veel ander sout.
Meng alles saam
Spuit muffin pannetjies of smeer uit met olyfolie
Maak balletjies (12) en plaas in muffin pannetjie
Die spices wat jy byvoeg, hoef nie te wees soos hierbo genoem nie, sit in waarvan jy hou en wat jy beskikbaar het in jou kruideniersware kas.
My eie ekstra byvoeging want ek WOU beslis die kaas iewers inwerk:
Druk gaatjie in bolletjie en plaas ‘n blokkie feta kaas in die holtetjie en maak dan weer mooi toe.
Ek het die hele bakplaat nou toegemaak met ‘cling wrap’ en in die vrieskas geplaas. Wanneer behoorlik gevries sal ek die verpak en hou tot ek ‘n vinnige dit benodig en dan bak teen 375ºF vir so ± 35 min tot gaar en mooi goudbruin.








