


MA SE LEMOENKOEK
Foto: Alberta van Wyk en Wilma Batt
Bak dit gereeld.
Stel oond op 180°C.
375 ml suiker
4 groot eiers, geskei
250 ml lemoensap
1 eetleppel lemoenskil, fyn gerasper
125 ml kookolie
2 koppies koekmeel
3 teeleppels bakpoeier
Klits eiergele en suiker saam.
Voeg die skil, sap en olie by en meng goed. Sif meel en bakpoeier by nat beslag en meng deur.
Klits eierwitte styf en vou in.
Skep in gesmeerde panne en bak vir 20 min of tot wegtrek van rand.
Smeer appelkooskonfyt tussen lae.
Maak botter versiersel aan met lemoen skil wat fyn gerasper is. Versier koek verder soos verkies.







Wilma Batt
Nou net gesny om te proe. Dis n heerlike klam koek en baie geurig. Maklik om te maak