

KOOS SE PIZZA IDEES
Daar is nie n resep vir die kors nie, dit is klaar so gekoop by ‘n deegwinkel.
Die kors was reeds gesmeer en reg om te gebruik. Ek het die kors ekstra gesmeer met “Spur” se “Sweet Chilli dressing”. Daarna het ek vleis gepak.
gammon, opgesny
lamsvleis, opgesny
russians, opgesny
ham, opgesny
bietjie rooi uie, opgesny
fyn knoffel
gekrummelde Feta kaas
pitlose olywe, gehalveer
Mazirelo kaas
Cheddar kaas
Plaas die vleisse op die sous en gaan met die res van die bestanddele aan in volgorde.
Toe ek begin bak het ek die foto afgelaai en gesien die kaas is te min. Fotos jok nie.
Weer die pizza uitgehaal uit die oond, nog Cheddar oor gestrooi en verder gebak.
Fotos en idees: Koos van der Merwe






