KOMKOMMER EN KAAS GESTOLDE SLAAI
1 pakkie groen jellie (greengage)
1½ eetlepels gelatien
1 koppie kookwater
½ koppie koue water
Smelt jou jellie in die kookwater en voeg die kouewater by.
Laat afkoel.
Rasper 2 komkommers en 1 gekapte klein uitjie en plaas in jou vergietis om die vog te laat dreineer.
Wanneer die jelliemengsel afgekoel het – Voeg by:
¾ koppies gerasperde kaas
½ koppie fyngekapte geblikte pynappel
3 eetlepels asyn
2 eetlepels mayonnaise
Gerasperde komkommer
Gekapte uitjie
Meng alles en skep in ‘n nat vorm en plaas in jou yskas om te stol.
Ontvorm en versier soos jy wil !!!!
N.S Ek het nie die komkommers geskil nie !!!
Resep en foto: Rina Kleinhans