·

KERRIE PASTASLAAI (INGELê)
Kerrie pasta slaai gebottel.
600 gram tamaties geskil en fyn gesny
250 gram uie fyn gesny
500 gram pepers groen, rooi, geel gesny in repies of groot blokkieS sonder pitte.
Kook dit op stadige hitte met 1 en 1/2 koppies water tot crispie. Nie te sag.
SOUS.
3 koppies asyn
1 koppies suiker
1 koppie appelkooskonfyt
30 ml kookolie)
45 ml mazaina)
15 ml droe pietersielie
1/2 teelepel cumin
30 ml mild and spicy kerrie poeier
5 ml gemmer
5 ml growwe peper
sout na smaak
Kook sous bestanddele saam vir 5 minute( BEHALWE MAIZINA) kook 500 gram skroefpasta tot crisp nie pap nie! Water pasta af met koue water, gooi pasta sous en tamatie mengsel by mekaar prut 3 min roer deurmekaar. Meng maizina met bietjie water, roer nou by en prut vir 5 min. stadige hitte. Bottel warm. Berei bottels vooraf
Resep en Foto: Elize Venter






