HEERLIKE KARAMEL SOUS
250 ml suiker
250 ml water
250 ml melk
60 gr margarien
30 ml vla-poeier
Karamaliseer die suiker en margarien tot ligbruin (pasop vir brand)) Sodra dit n karamel kleur kry voeg die water stadig by. (pasop vir spat) Voeg dan die melk by en kook tot al die karamel opgelos het. Maak vla poeier aan met bietjie water en voeg by mengsel in pot. Kook tot sous glad is. Hierdie is die basiese resep. Moet maar self verdubbel indien mens meer soek. Dis rerig n baie lekker sous, sommer net so oor roomys ook.
Resep van Felicity Taljaard









Done