GRIEKSE MACARONISLAAI
Resep: Lorraine Weitz Brand
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is ietsie anders
Fetakaas, soetrissie, olywe en tamatie gee geur aan die slaai wat sommer van macaroni gemaak is.
Genoeg vir 4 – 6 mense
Sous:
45 ml (3 eetlepels) sonneblomolie of olyfolie
30 ml (2 eetlepels) vars suurlemoensap
5 ml heuning
sout en varsgemaalde swartpeper
Slaai:
½ pak macaroni
300 ml fetakaas, grof gekrummel
2 stingeluie, in ringetjies gesny
½ groen soetrissie, ontpit en in repies gesny
250 g kersie tamaties, gehalveer
30 ml fyngekapte, vars orego
45 ml (3 eetlepels) fyngekapte vars pietersielie
20 swart olywe, ontpit en in kwarte gesny
Klits die bestanddele vir die sous saam en geur met sout en peper.
Kook die macaroni in genoeg vinnig kokende soutwater, waarby olie gevoeg is, tot gaar. Dreineer.
Giet die slaaisous oor die macaroni en laat afkoel.
Voeg die res van die slaaibestanddele by en geur met ekstra sout.








