

GRANADILLASTROOP
20 vars granadillas
750 ml water
600 g witsuiker
7 ml wynsteensuur
Halveer die granadillas en skep die vleis uit in ‘n kastrol. Voeg die water en suiker by die granadilla en verhit die mengsel stadig op die stoof. Roer totdat al die suiker opgelos is.
Verhoog die hitte en verhit die stroop tot kookpunt. Kook dit 2 minute sonder ‘n deksel. Verwyder die kastrol van die stoof en roer die wynsteensuur by die stroop.
Laat die stroop afkoel en syg dit deur ‘n sif of ‘n doek. Bottel en verseël die filtraat in gesteriliseere bottels.
Bewaar die stroop in die koelkas. Geniet die stroop deur dit met yswater te verdun en vars kruisement by te voeg indien verkies.
Resep en foto: Riekie Boshof






