

2 pakkies groen jellie (suurlemoenjellie), aangemaak met 250 ml kookwater
1 Engelse komkommer
500 ml granadilla jogurt
Maak die pakkies suurlemoenjellie aan met die kookwater.
Laat dit afkoel – dit moet heeltemal koud wees.
Skil en rasper intussen die komkommer.
Plaas die gerasperde komkommer in ‘n sif bo-oor ‘n bak en laat die vloeistof uitloop.
As jy haastig is, kan jy ook ‘n kleinbordjie of piering bo-op sit afhangende van die groote van jou sif en gewig daarop plaas sodat die vloeistof vinniger kan uitpers.
Wanneer die jellie amper gestol is, klits die joghurt daarby in.
Meng die komkommer deeglik met die jelliemengsel en gooi in ‘n voorbereide jellievorm.
Laat in die yskas om te stol.
Keer net voor opdiening uit en bedien dadelik.
Foto: Rina Kleinhans
Nota: Ek het dit bedien saam met ertjies en vars mint en dit was regtig heerlik vars.







geskuif
Baie lekker ligte slaai – werk goed vir ons warm somer maande – goeie bygereg op ‘n kerstafel.