

AARBEI NAGEREG
Julle gaan benodig.
150 gram Vinger Koekies
1 Pakkie Strawberry Jelly
1 Blikke Condense Melk
1 Koppie water
500 ml Room
500 gram aarbeie of meer na smaak.
Die resep se jy moet die aarbeie wat bo op kom nie stukkend sny nie, net die blaartjies verwyder.
Metode
Pak een laag vinder koekies in n plat bak.
Meng 1 koppie water met die pakkie jelly.
Meng Condense melk met die Jelly dit moet loperig bly. Die mengsel lyk nie vir my baie mooi nie maar my vrou se dit is reg so.
Pak een laag aarbeie bo-op die vinger koekies
Gooi nou die helfte van die Jelly mengsel oor die aarbeie en die koekies
Pak weer n laag Vinger Koekies.
Pak een Laag Aarbeie
Gooi die res van die Jelly mengsel bo oor.
Klits die 500 ml Vars Room tot stuif en skep bo op alles.
Pak nou heel aarbeie bo op die room.(Moenie sny dat sap in die room in loop nie)
Los in die yskas tot alles gestol is.
Resep en Foto: Koos van der Merwe






