Ek kook my wild met coriander, naeltjies, wortels, sout en peper. Ek gooi ook vars roosmaryn in en n skaap stertjie of 2 dan wanneer dit lekker lank gekook is en baie sag dan sit ek 2 pakkies bacon ook in. Ek voel die trick is by die coriander, so moet nie skaam wees nie en dit moet korrels wees nie fyn gemaakte coriander nie, maar wees versigtig met die naeltjies, te veel naeltjies kan die vleis bitter maak, so daar is my resep baie maklik
BRON- Peter Harry








