Stel oond op 180ºC.
SPEK – soteer spek en voeg olie by indien nodig. Voeg sampioene by en soteer nog 5 min. Voeg soetrissie vir laaste 2 min by en verwyder van hitte.
MAALVLEIS – soteer ui en knoffel in olie tot sag. Voeg maalvleis, kruie, basiliekruid en sout en peper by. Braai tot vleis gaar is en verwyder van hitte.
SOUS – maak potato bake met warm melk aan . Roer dikroom en water by. Hou eenkant.
Skep gaar rys onder in diep gesmeerde oondbak, gevolg deur spekmengsel, maalvleismengsel en sous.
Strooi kaas oor gereg en bak 25 min of tot goudbruin.
NS VOEG SO 2 eetlepels blatjang by of na smaak en enige speserye na smaak dit gaan so vinnig JULLE KAN DIE SPEKVLEIS EN UIE BRAAI EN DAN DIE MAALVLEIS SAAM DIT MAAK GEEN VERSKIL EN GEWONE ROOM WERK 100%
Foto en resep geplaas deur Rhode Gillespie de Beer








