

CHRISTA SE TWO MINUTE NOODLE MUFFINS
3 pakkies 2minute noodles gaar gemaak.
1 ui, 2 tamaties gesny en gebraai. Ek het sommer komkommer ook by gegooi.
1 koppie (250ml) koekmeel
15ml bakpoeier
Gerasperde kaas
6 eiers geklop
Sout en pepper na smaak.
Meng alles
Skep in kolwynne panne en bak teen 180°C vir 25min.
Maak so 20 muffins.
Bron en Foto: Christa Kapp






