AARTAPPELSLAAI MET BILTONG EN N KARRINGMELK-KOLJANDER MAYONNAISE
Hierdie aartappelslaai is regtig heerlik en iets anders met die karringmelk sous.. probeer dit gerus
Gewone gaar aartappel blokkies gemeng met biltong en soetmielies soos vel as wat jy benodig vir jou aantal gaste.
Sous is mayonnaise, karringmelk, koljander blare fyngesny en suiker. Maak aan soos jy daarvan hou en geniet.
Ek het ongeveer ‘n derde karringmelk gebruik teenoor die mayonnaise, maar sal volgende keer bietjie meer bygooi.
BRON- Nicolaas Martinus Swanepoel
Mardine Mostert – Gaan dit beslis maak ek gebruik bacon in plaas van biltong, maar biltong klink lekker.
Anthony Raymond – Suurroom doen ook die ding








