TUNA PANNEKOEK
Jeanine Luyt:
Die resep wat Tiaan Mari-Lu Vd Merwe gedeel het:
1 koppie koekmeel
1 koppie water
2 eiers
knippie sout.
Ek het net bietjie meer water by gegooi. Ek het tuna en mayo gemeng vir die vulsel en dan ‘n gewone wit sous gemaak met 1 sirkeltjie feta in. En kaas oor gerasper.
Sandra Kuisis: Ek gebruik weer
1 blikkie tuna met
1 hardgekookte eier
1 gekookte aartappel fyn gedruk
1 teelepel gerasperde ui
bietjie mosterdpoeier
Meng saam en vul die pannekoek daarmee, bedek met ‘n sterk kaassous en gerasperde kaas bo oor. Pak in foelie bakkies, op hierdie punt kan die dis gevries word. Ek het dit baie gedoen en as daar onverwagte gaste opdaag, ontdooi, đan grill tot die kaas mooi bruin is en bedien met ‘n lekker mengelslaai.
Dit is ‘n heerlike maar ryk dis, een van die pannekoeke is genoeg, bygesê die hoeveelheid wat ek gegee het kan 3-6 pannekoeke vul afhangende hoe vol jy hul rol. As ek wegsak dan maak ek sommer 5 – 6 van die middelmatige foelie houers vol. Net baie lui om die pannekoek te bak.
Foto: Jeanine Luyt








