(hierdie is my eie resep, gisteraand geskep)
1 blikkie tamatie puree
1 klein blikkie tamatie “paste”
1 groot ui
4 groot knoffel toontjies gekneus of gemaal
1/2 teelepel gedroogde rissievlokkies
1 eetlepel gedroogde Italiaanse kruie
1 eetlepel hoogvol bruinsuiker
sout na smaak
Kap die uie fyn en braai liggies in olyfolie, sit knoffel & kruie by en laat vir paar minute braai sonder om te brand. Gooi blikkie tamatie puree & klein blikkie tamatie “paste” by asook die suiker & sout. Laat stadig prut vir omtrent ‘n half uur. Jy wil ‘n sous het wat nie water trek nie so dit moet redelik dik wees anders word jou pizza basis pap van die vloeistof. Laat afkoel voordat jy dit op jou pizza basis smeer of vries dit op hierdie stadium vir latere gebruik.
Die rissies gee die sous ‘n lekker byt sonder dat hy jou mond verbrand. Ek sal selfs hierdie sous vir ‘n basis gebruik vir tamatie & uie sous vir ‘n braaivleis saam met pap. Sal net nog ‘n blikkie gekapte tamaties bysit en kook.
ek kan net dink dat hierdie sousie perfek gaan werk as jy dit deur warm spaghetti roer en net basilie blare en Parmesan bo op sit
ADAM CLOETE
ek doen basies dieselfde (met ander kruie ens.) maar ek gebruik blikkies gekapte tamaties of tamatie en uie. Dit vat langer om dik te raak maar ek hou van die stukkies wat daarin oorbly. Vir soet sit ek tamatiesous / tamatieketchup by en dan ook so bietjie worchestersous. Ek gebruik dit vir alles wat ‘n tamatiesous basis nodig het. Tamatiebredie, bolognese sous, pizzas – alles.
Resep en foto: Elsabie Templeton








