

TAMATIEBREDIE MET LAMSNEK
Ek gebruik wat ek in die huis het.
2 blikke heel tamaties opgekap
tamatie paste
bruin uie soppoeier
uie gekerf
wortels in ringe gesny
aartappels gensy soos verkies
peper, garlic and herb spice
lamsnek opgesny in skywe
suiker na smaak
Braai dievleis tot goud bruin haal uit en braai die uie tot bruin en sag.
Sit weer jou vleis terug in die pot en voeg die aartappels en wortels by.
Sit die tamaties en paste by. Meng die sop en speserye saam met water en giet in die pot met vleis, aartappels, wortels etc.
Laat stadig prut of bak in oond tot vleis sag en groente gaar is.
Voeg ‘n bietjie suiker by om die suur van die tamatie te breek.
Kook deur en bedien.
Nota
Nog n bylas weet julle hoe lekker is dit met jasmin fragrant rys uit die boeke (sticky rice)
Resep en foto- Ingrid Mouton






