Mariaan Visser Braai gyn gekapte uie in botter tot sag maar nie bruin nie. Kap mushrooms op en voeg by. Braai nog bietjie tot vloeistof weg is. Gooi blikkie Ideal melk by. Hang af hoeveel sous jy wil he. Grof gemaalde swart peper na smaak en sout. Kook goed deur. Haa…See More
Anthea Ernest Ek maak n witsous. Dan braai ek my mushrooms in botter met bietjie aromat en swart peper,meng dit by die witsous en kaas ook in
Cecile Engelbrecht Braai mushroom kook n pakkie mushroom soppoeier met melk tot gaar. Gooi n groot eetlepel mayonaise by meng gebraaide mushrooms by.
Mariette Coetzee Ek vat knoppie sampioene( baie) rasper dit, kook room en gooi die sampioen in die warm room met feta, sout en peper…..
Hester Joubert My sus Corrie braai uie, sampioene en sit chicken blokkie by. Gooi 250 ml room by en kook deur. Verdik met bietjie kaas sous. Dis heerlik en maklik.
Joyce Geers Ek maak Mariaan se “patroon” (hehe) en ek het so teelepel maizena gevat en gemeng met van die ideal melk. Ek het ook bietjie paprika en bloukaas ingesit. Si bietjie mix en match gedoen tussen al hierdie resepte of “patrone”. En dankie weereens, my sousie is ‘n wenner…
Louise du Plessis Smelt n goeie 2 of 3 eetlepels botter of margarien. Braai gesnyde sampioene in die botter met ‘n knippie sout tot bruin. Voeg nog n eetlepel botter by en laat smelt, roer so 2 eetlepels meel in. Sodra goed gemeng, werk so 50 ml sherry en 1 kop room en ‘n halwe kop melk bietjies, bietjies in. Roer oor lae hitte tot dik. Voeg sout by na smaak.