STAATMAKER PLAATKOEK
Ek deel my resep wat ek vir baie jare vir ‘n plaatkoek inspan. Dit werk elke keer. Ek verdubbel net resep.
3-4 eiers
1 ½ koppie suiker
*Klits bogenoemde vir 10 minute
*Voeg 5 ml vanilla geursel by en meng deur.
Verhit intussen:
¾ koppie melk
3 eetlepels kookolie
Sif 1 ½ koppies koekmeel en 5 ml sout. *Voeg bietjie-bietjie by. (Vou met hand in).
Voeg 3 teelepels bakpoeier by, meng deur.
Voeg laaste melk en olie mengsel by. meng tot net gemeng en skep in ‘n plaatkoek pan of enkel resep in ‘n gewone koekpan wat gespuit is met Spray and Cook.
Bak @ 180 ºC vir 20 minute. Toets of gaar.
Resep: Riana Heyns