
BEWAAR EN GEBRUIKE VAN EIERS
Eiers behoort in ‘n koel plek gehou of met die punt na onder in ‘n yskas geplaas te word sodat die eiergeel in die middel van die eier is. Bedek of hou dit in die karton om dehidrasie te verhoed. Vars eiers sal ‘n maksimum van drie weke hou. Sodra jy eierwit vir meringes gebruik het, vries die eiergeel en gebruik soos nodig; roer bloot 2,5 ml sout of suiker by 125 ml eiergeel om dit te stabiliseer voordat jy dit vries. Dit kan onder meer gebruik word in souse soos bearnaise of mayonnaise. Oortollige eierwit kan tot drie weke in ‘n lugdigte houer in die yskas geplaas word.
Eiers geklits met ‘n knippie sout kan vir drie maande gevries word. Om te toets of ‘n eier vars is, sit dit in ‘n maatbeker met 600 ml water. As die eier baie vars is, sal dit op die sykant op die bodem lê. Moet nooit ‘n eier in die dop in ‘n mikrogolf kook nie, want dit sal ontplof. Sny hardgekookte eiers deur met mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie.‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei. Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars. Om eiers langer te laat hou meng jy 400 g ongebluste kalk met 6 litre water en plaas die eiers daarin. Gebruik natuurlike produkte om Paas-eiers te kleur.
Geplaas deur Amelia De Villiers
Anna Venter
Eierwitte word sonder enige byvoeggings gevries. Merk per sakkie hoeveel witte daarin is. Eiergele moet ligweg geklits word met 5ml sout OF 20 ml suiker per 12 gele. Merk ook op sakkies hoeveel gele daarin is. Eiers moet DEEGLIK ontvries word voor gebruik. Ek het paar jaar gelede piepklein bakkies by Shoprite gekoop waarin ek my eiergele twee-twee vries met ‘n knippie sout (sommer net so tussen duim en wysvinger). Op die plaas het ek sekere tye oorvloed eiers en so koop ek die minimum eiers.






