PETRO SE TAMATIESOUS
5 kg oorryp tamaties, opgesny
5 groot uie, geskil en opgesny
1 knoffelbol, geskil
Maal die tamaties, uie en knoffel en plaas in ‘n kastrol.
Voeg die volgende by:
750 ml bruin asyn
500 g wit suiker
15 ml gemaalde gemmer
15 ml gemaalde koljander
15 ml sout
10 ml gemaalde kruienaeltjies
5 ml rissiepeper
Kook al die bestanddele saam tot baie sag. Vryf die gekookte moes deur ‘n sif of versap en vryf dan deur ‘n sif.
Gooi die tamatiepitjies en skilletjies wat in die sif agterbly weg.
Kook die sous oor matige hitte verder tot die verlangde dikte.
Bottel die sous warm in gesteriliseerde flesse en verseël dadelik.
Resep en foto: Petro Borchard
One thought on “PETRO SE TAMATIESOUS”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.








Done