SONJA SE SUURDEEG BROOD-KOEK
500 g koekmeel
10 g kitsgis
80 ml olie
75 g suiker
2 eiers
knippie sout
1 teelepel vanilla geursel
180 ml water maar ek het meer begevoeg
Meng en knie alles saam. Bedek en laat rys tot dubbel, myne was ‘n uur, dan knie jy die lug uit, verdeel en vorm deeg. soos op foto.
Vulsel nutella of een van vele ander. Plaas in gesmeerde pan, bedek en rys weer tot amper verdubbel. By ‘n uur. Verf geklitste eier bo-oor. Bak 30 min by 175ºC.
Intussen kook ½ koppie water en ½ koppie suiker vir minuut. Verf oor warm koek na gebak.
Bron en Foto: Sonja Zino
SOUT VARIASIE:
Ek het die deeg gemaak soos die soet variasie en net n eetlepel suiker bygesit ipv wat resep sê. Sout effe meer. Ek het 3 vulsels gebruik. 2 groenes gekoop, pesto en olyfsmeer. Kan dit self maak ook. Die derde was rooi, het smeer van songedroogde tamaties, knoffel en olyfolie gemaak. 3 deegsirkels met n smeer elk en bo-op parmezan kaas gestrooi.
jy rol 4 sirkels deeg uit, smeer elk van 3 en sit op mekaar, boonste bly skoon. Dan sny jy soos op foto. Dan draai jy die deeg 2 of 3 keer, elk afsonderlik en pare in teenoorgestelde rigting. Dis AL.
16 dele, draai pare in teenoorgestelde rigting, sê maar na binne. Ek draai elk 3 keer. Wees versigtig om nie by dun kant morsaf te draai nie. Doen so voort met 8 pare. Soos op die foto, mens kan die punte aan mekaar vasknyp of los

















