Plaas die sjokolade in ‘n glasbak en smelt oor ‘n kastrol met liggies pruttende water. Die bak moenie aan die water raak nie.
Meng kakao met ‘n bietjie van die melk om ‘n pasta te vorm.
Meng die pasta met die res van die melk en vanielje.
Voeg van die gesmelte sjokolade by die kakaomengsel en roer tot glad. Roer by die res van die gesmelte sjokolade.
Roer die dadels en klapper deur.
Skep lepelsvol van die mengsel op bakpapier en strooi klapper en kakao oor
en laat stol. Of laat die mengsel afkoel en rol dan in klein balletjies.
Rol die balletjies in ekstra kakao of klapper, indien jy dit verkies.
Laat in die yskas tot gestol.
Wenk
Sit die balletjies as deel van ‘n nageregbord met vars vrugte voor.
Posted by Dalene Brits









