VERSIERSEL VIR WORTELKOEK
Elize Gouws
Ek gebruik op my wortel koek 1 pk versiersuiker, 150 ml botter en 1 blik kondensmelk heerlik op alle koeke.
Annatjie du Toit
‘n Blikkie kondensmelk, ‘n houertjie maaskaas en halwe koppie suurlemoensap. Meng goed, laat staan paar minute , skep dan oor koek dat dit afloop. Stol vinnig. Smaaklik!!! Sit dan paar neute op .
Sa-eeda Daniels
Net ‘n glaze?
Icing sugar with a few drops of lemon juice drizzled over the cake.
Henriette Casey
Julle hier’s hy ek maak hom dubble aan ;250 ml room :60 ml sagte bruinsuiker: 2ml vanieljegeursel . Verhit die room en suiker bring tot kookpunt roer gedurig verlaag hitte en prut vir 10 min gooi in mengbak en verkoel vir 3 ure dan klop styf .. Ek maak altyd eers versiersel voor ek die koek aanmaak . NS dis n ou HUISGENOOT resep
Aneen Ferreira
Ek gebruik die resept vir my Wortelkoek en hy is n wenner.
Wortelkoek versiersel;
4 eetlepels marg/ botter
2 kop Versiersuiker
Bietjie melk as te styf is
2 eetlepels maaskaas
Room margarien/botter en voeg versiersuiker bietjie vir bietjie by. Roer maaskaas by. Strooi fyn pekanneute bo-op
Dries van Wyk
Dit is 100 ml botter
700 ml versiersuiker
1 bakkie maaskaas
Klits botter baie baie goed, meng met versiersuiker, voeg maaskaas by ( ek vou myne in met ‘n lepel)








