NEDERIGE HOENDERVLERKIES
Kook op stoof of in ‘n bak in die mikrogolf tot net gaar. Dreineer en druk droog met’ n lappie. Diepbraai in olie tot net crispy. PASOP DAT DIE OLIE NIE SPAT NIE.
Dreineer en plaas op medium kole of gasbraaier. Sprinkel jou gunsteling hoender speserye oor en smeer af en toe met wat jy ookal in die kas het. Ek het Champion braai sous gebruik. Ander werk net so goed.
Draai gereeld om en kyk dat die vlerkies nie brand nie. Voor jy dit afhaal smeer een laaste keer.
As jy haastig is en jy het ‘n gasbraaier is die baie gou reg.
Resep en foto: Nicolaas Martinus Swanepoel








