MIELIEPAP EN MAALVLEIS BOLLETJIE SOSATIES
Baie dankie vir die goeie idee met die mieliepap. Ek het sommer mieliepap met gerasperde kaas in gemaak, in krummels gerol en vinnig gebraai in olie, en toe op sosatie stokkies geryg met tamaties en mini-maalvleisballetjies. Dit toe in die oond gedruk met sticky spare rib marinade. Heerlik gewees.
Foto en idee: Venita Nolte









Vinnig en maklik. BAIE BAIE lekker en kan selfs vir kosblikke gebruik word….. Baie dankie FLR!