Mense hier is wat ek gedoen het. Onthou jy kan seker baie byvoeg vir allerhande smaak soos, Gemmer, Knoffel, Chilli, Briyanie en wat ook al. Speserye is n persoonlike smaak. Om dit stadig te kook en reg te kook nie te brand nie kom met oefening maak nie saak watse vleis mens kook nie.
Skoonma ken en sy het inspeksie kom doen of die afval skoon is. Seker die belangrikste is dat dit oordentlik skoon is.
Ek het 2 bokse van 2 kg elk gekoop en besluit om als gaar te maak terwyl ek nou die guts het.
Ek het eerste die pootjies (14 van hulle) in die Druk kooker gesit met 3 groot gesnyde uie, sout en peper geskat of dit genoeg is en n halwe koppie asyn.
Die asyn is blykbaar dat die kook van die afval nie so n erge reuk het nie. Peper op die deksel help blykbaar ook.
Die elektriese druk kooker stop elke 15 minute dank an jy stoom afblaas om gou te kyk.
Die Pootjies is gekook tot die vleis begin los kom van die bene.
Ek het toe Alles uit gehaal en in n glas bak gebere.
Toe kook ek Lam stew vleis saam met twee pense wat ek by gekry het met dieselfde metode nie weer uie nie maar Sout, Peper, Asyn tot die Stew van die bene begin los kom.
Ek het na die eerste 30 minute se kook 5 groot aartappels blokke gesny en by gevoeg.
Daarna het ek al die vleis en aartappels gemeng en net die helfte van die sous by gegooi.
Alles in n yster pot gesit om stadig te prit in my geval op die plaat no 2
Een koppie asyn met 2,5 eet lepels Kerrie poeier(Medium)
Alles vir n half uur laat prit en die stoof afgesit en die pot verwyder van die warm plaat en so oor nag laat afkoel en dat die Kerrie trek.
Vanoggend het ek die helfte uit die pot geskep in n glasbak en gebere om weer te gebruik.
Die kleur en smaak was nog nie soos ek wou he nie en vat toe van die Curry Pasta wat mens van die rak af koop en gooi een groot eetlepel by in die pot.
Ek het die sous wat gister aand nie gebruik is nie ook in die pot gevoeg en laat prit vir 3 ure
Dis is bedien met Stamp Mielies.
Twee groot dinge
Maak seker die afval is goed skoon.
Jy moet geduld he dit vat n tydjie maar moenie dit brand nie.
BRON- Koos van der Merwe








