JOGURT IN DIE PRUTPOT
Foto en resep: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
8 koppies melk
1 koppie ongegeurde Bulgaarse jogurt
3 eetlepels Sweeto – opsioneel
Voeg die melk in die prutpot en stel vir 3 ure op laag. Na die 3 ure, laat die melk nog 3 ure staan om af te koel tot net warmer as jou liggaams temperatuur.
Meng die Bulgaarse jogurt by, plaas die deksel op die pot en laat oornag staan. Die volgende oggend het jy 2 liter bulgaarse jogurt. Roer die Sweeto by, indien verkies, dit is baie lekker.
Nota – voor jy die Sweeto byvoeg, skep 1 koppie van die ongegeurde jogurt uit, sodat jy weer ‘n koppie jogurt het vir wanneer jy dit weer gaan maak.








