HOENDERLEWER PATEE
1 ui
170 g lewertjies
sout en gemaalde peper
bietjie vars suurlemoen
Rasper die ui en braai stadig in bietjie botter tot net sag.
Voeg die lewertjies by en smoor tot gaar.
Of gebruik soveel lewertjies as wat jy van patee wil maak, pas maar die hoeveelhede aan.
Geur met sout en gemaalde peper en bietjie vars suurlemoen sap.
Maak lewertjies fyn in ‘n ‘food processor’.
Sit in ‘n bak of vormpie en smeer gesmelte botter bo-oor.
Los oornag in yskas vir beste resultaat. Heerlik op rooster broodjie!
Resep: Marie Fourie
Foto – Gideon Louw