HEERLIKE PERI PERI HOENDERLEWERTJIES
Ek het uie gebraai in klein bietjie mix van kook olie/avodado(lemon flavour) olie. My chicken livers bygegooi. Bietjie gebraai en toe Ina Paarmans se peri-peri marinade bygegooi, melk vir lekker sousie, bietjie appelkoos konfyt en toe laat stadig prut. Voor opskep sousie effens dik gemaak met maizina. Was heerlik!!
BRON – Annelizle Botha
Bruce van Deventer:
Ek hou van peri-peri maar het geleer om BAIE ligter met die hand te gaan as wat ek in die verlede gegooi het. Ek het ‘n nuwe suurlemoensap ontdek op PnP se rakke. Dis van Lecol en die een geur is suurlemoen met botter en die ander een is suurlemoen met peri-peri en ek vind die een met peri-peri is net sterk genoeg vir gaste om nie te brand nie, maar daardie pikante byt doer agter in die geur potfolio te plaas. Dit brand nie maar so 5 min na jy geëet het, dan begin jy agterkom dat daar ietsie brand was maar dis net lekker.
Ek glo ook om die lewertjies stadig te braai in ‘n non-stick pannetjie sodat dit ligbruin gaar braai saam met uie en peppers en mushrooms voordat ek die res van my sous goedjies by gooi.
Ek het ook geleer om eerder met klapper olie te werk eerder as olyf olie omdat ek glo dat olyf olie nooit moet warm word nie en slegs koud in slaai souse of net so oor kos gegooi moet word omdat olyf olie n baie lae rookpunt het en klapper olie weer ‘n baie hoë rookpunt het en nie die samestelling van die olie verander nie. Mens raak daaraan gewoond soos mens aan olyf olie geword het. Kry asb net die reuklose ekstra virgin klapper olie. Natuurlike klapper olie laat die hele huis soos son, see en vakansie ruik wanneer dit warm word maar die enigste disse waarmee die klapper reuk werk is kerrie disse. Anders moet slegs die reuklose klapper olie gebruik word. Ek lees al hoe meer mediese verslae deur klapper olie te gebruik, stop Alzheimer’s en keer dit selfs om. So ek is baie bly ek het oor geslaan na klapper olie. Dit kan duur wees maar mens leer waar om te koop vir beste pryse. Dischem is ‘n goeie ek om te begin. Jammer ek het nou vreeslik geborduur.
Net laastens weer, ek persoonlik hou daarvan om die lewertjies gaar te braai – stadig – eerder as om dit gaar te kook. Ek kry net beter geur op daardie manier.