GROWWE SEMELBESKUIT
Die resep is in my geplakte resepteboek wat ek as jong mamma gedoen het. Maar ek sien Estelle Rossouw van Pretoria het dit toentertyd ingestuur.
1.5 kg bruismeel (die semelryke een)
8 koppies graan:
ek het 2 koppies “Rice krispies, 1 koppie sade, 3 koppies All bran met rosyne en 2 koppies “Spesial K” gebruik
3 teelepels sout
1 kg margarien
2 koppies suiker
1 liter amazi of karringmelk
Voorverhit die oond tot 180ºC. Meng die bruismeel en grane saam in ‘n mengbak. Smelt die margarien, voeg die suiker en amazi by die margarien en meng deur. Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng deur. Plaas die deeg in beskuitpanne van jou keuse en bak die beskuit in die voorverhitte oond vir 30 min of tot gaar.
Breek die beskuit in stukke soos verkies, pak op bakplate en droog dit uit in ‘n lou-warm oond, met die deur op ‘n skrefie oop.
Nota – Ek droog dit langer uit, want dan is dit meer “crispy” en proe nie soos ontbytpap nie (so 6 ure).
Resep getoets en foto: Maria Liebenberg








